die doel met die boek
was om my,
saam met die blaaie
versigtig oop te breek
ek het penne en rekenaartoetse
soos skalpels en houtsneelemme
gebruik om aan eie lyf en kruis
te ets en te bytel
te sny en te kap
om die beeld te openbaar
wat ek in my siel
van myself ronddra
maar wat onsigbaar
vir die ongeoefende oog bly
die boek
die blaaie
die hele bundel
moes die bril wees
wat die onsienlike
subtiel kon belig
maar nie so helder dat dit nie
weg te redeneer
of akademies
dabateerbaar
sou wees
nie
eerder net liggies ge-ets
soos tekens
aan 'n kim
maar wyd te interpreteer
maar hierdie boek en hierdie blik,
was om my,
saam met die blaaie
versigtig oop te breek
ek het penne en rekenaartoetse
soos skalpels en houtsneelemme
gebruik om aan eie lyf en kruis
te ets en te bytel
te sny en te kap
om die beeld te openbaar
wat ek in my siel
van myself ronddra
maar wat onsigbaar
vir die ongeoefende oog bly
die boek
die blaaie
die hele bundel
moes die bril wees
wat die onsienlike
subtiel kon belig
maar nie so helder dat dit nie
weg te redeneer
of akademies
dabateerbaar
sou wees
nie
eerder net liggies ge-ets
soos tekens
aan 'n kim
maar wyd te interpreteer
maar hierdie boek en hierdie blik,
die hele bliksem
se bundel
kon my nie toelaat om so
liries lafhartig
oneerlik
te ellaboreer.
En toe ek my weer
se bundel
kon my nie toelaat om so
liries lafhartig
oneerlik
te ellaboreer.
En toe ek my weer
in een van my eie verse kry
staan ek kaal en vry
met ‘n beeld in my boek
ek is naak in sy arms
my vel gedy van opwinding
onder sy aanraking
ek snak in stilte na asem
sy mond gly sag oor my hardebaard
en ego in hoendervleis teen my nek
af
staan ek kaal en vry
met ‘n beeld in my boek
ek is naak in sy arms
my vel gedy van opwinding
onder sy aanraking
ek snak in stilte na asem
sy mond gly sag oor my hardebaard
en ego in hoendervleis teen my nek
af
af
tot in die waai van my rug
ag god skreeu ek sonder klanke
laat hierdie vrug en wete wyk
hierdie onverduidelikbare,
onverstane taal
wat ek nou so duidelik met beeld
van eie lyf pluk
en vertaal
ag god skreeu ek sonder klanke
laat hierdie vrug en wete wyk
hierdie onverduidelikbare,
onverstane taal
wat ek nou so duidelik met beeld
van eie lyf pluk
en vertaal
hoe lank kan een siel
gestol in stilte bly
kan een mond
halwe waarhede bely
sonder om hierdie onnoembare drome te kus
ek weet ek het
in die lewe van ‘n heteroseksueel
ontelbare seeninge
en duisende afkoopgeskenke gekry
maar elke aand
in die wegkruipstilte
van elke beskikbare hoek
vertolk my vingers
gestol in stilte bly
kan een mond
halwe waarhede bely
sonder om hierdie onnoembare drome te kus
ek weet ek het
in die lewe van ‘n heteroseksueel
ontelbare seeninge
en duisende afkoopgeskenke gekry
maar elke aand
in die wegkruipstilte
van elke beskikbare hoek
vertolk my vingers
die onnoembare bi-laterale versoek
as ek my kaal uittrek
tussen die blaaie
van my eie gedigteboek.
van my eie gedigteboek.
No comments:
Post a Comment